WerfNet het begin as ʼn droom tussen twee laerskoolvriendinne wat besluit het om die lewe anders aan te pak. Die droom was meer as net ʼn onderneming; dit was om mense bymekaar te bring, ware potensiaal raak te sien en te bewys watter verskil dit kan maak wanneer die regte persoon op die regte plek is.
Dit het alles in 2023 begin, toe Dané en Chanelle WerfNet opgebou het tot waar dit vandag is. WerfNet is meer as net werwing; dit is vertroue en ʼn ware werksvennootskap.
Jy stap nie die pad alleen nie, ons is daar vir elke tree.