Gereelde vrae

Vir Kandidate

Hoe stuur ek my CV of doen ek aansoek vir poste?

Jy kan jou CV op WerfNet indien, of op beskikbare poste aansoek doen deur die stappe op die webblad te volg.

WerfNet help beide werkgewers en werksoekers om die regte passing te vind.

Nee. Dit is gratis om deur WerfNet vir poste aansoek te doen.

Jou inligting word slegs gebruik as deel van die werwingsproses en volgens toepaslike privaatheidsvereistes.

Indien jou profiel by ’n pos pas, sal WerfNet of die werkgewer jou kontak oor die volgende stappe. Indien jy nie binne twee weke terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek nie suksesvol was nie.

Stuur gerus jou cv na hello@werfnet.co.za

Vir Werkgewers

Wat doen WerfNet?

WerfNet help werkgewers om die regte kandidaat vir die regte pos te vind. Ons behartig vir kliente die hele werwingsproses om te verseker dat hulle die regte passing vir hul maatskappy vind.

WerfNet is meer as net ’n diens, dit is ’n vennootskap. Met hoëgehaltediens, meer as 10 jaar se ervaring en ’n gefokusde plasingbenadering help ons werkgewers om met groter sekerheid die beste kandidaat te vind.

Die proses neem gewoonlik tussen 2 en 4 weke, afhangend van die aard van die pos, die spesifieke vereistes en die kandidaat se kennisperiode. WerfNet bestuur die proses so doeltreffend moontlik om vinnig by ’n suksesvolle plasing uit te kom.

WerfNet fokus op gehalte deur kliëntebehoeftes deeglik te identifiseer, geskikte kandidate te werf, ’n kortlys van uitstaande kandidate saam te stel en ’n tweestap-onderhoudproses te volg. Kriminele, krediet- en kwalifikasiekontroles kan ook op versoek gedoen word.

Ja. WerfNet doen kriminele, krediet- en kwalifikasiekontroles indien dit versoek word.

Ja, ons diens sluit “n 3 maande waarborgtydperk in.

Sonder Twyfel – WerfNet.